Monday, 28 September 2015

Amerikaanse Ontbyt Pannekoek Resep (Plaatkoekies)




Amerikaanse Ontbyt Pannekoek Resep (Plaatkoekies)
1 Eetlepel Bakpoeier
1 Knippie Sout
1 Teelepel Suiker
225g Meel
30g Botter (gesmelt en afgekoel)
300ml Melk
2 Eiers
Meng die droë en nat bestandele apart en dan goed saam. Ek klits hulle sommer met die hand saam totdat alles 'n gladde beslag vorm, maar 'n elektriese menger sal seker vinniger werk en die beslag beter meng. Ek hou ook daarvan om die beslag in 'n groot maatbeker aan te maak, sodat dit makliker is om bietjies bietjies in die pan te gooi.
Smelt botter in 'n swaarboompan en gooi die beslag stadig uit totdat dit so groot is soos jy graag jou pannekoekies wil hê - ek pas gewoonlik vier pannekoekies in my groot pan. Laat hulle dan braai totdat borrels bo-op breek, so weet jy die onderkant is reg. Draai dan om en braai vir nog 'n minuut. Hou so aan tot die hele beslag op is - of bêre oorblywende beslag in die yskas vir die volgende oggend
Hierdie pannekoekies sal lekker wees met roomys ook of jy kan 'n handvol bevrore bessies in die beslag gooi en dit bedien met stroop

No comments:

Post a Comment