Thursday 6 August 2015

Maak jou eie bal plant

 
 
Sonia Corver
 
Goeiemore julle!!!!
Ek kon nie glo toe ek vanoggend my telefoon oopmaak en sien hoeveel van julle was beindruk met die balle nie!!! Ek gaan julle stap vir stap verduidelik hoe ek maak aangesien ek nie meer potplantgrond oor het nie!!!!!
Benodighede
Groen skadunet
Potplantgrond...
Geroeste doringdraad. ..dit moet vrrkieslik nie gebrand wees nie want dan breek dit
Vetplantrosies
Sny n sirkel so groot soos jy jou bal wil het van die skadunet. Sit die skadunet in n 20lit emmer en gooi die potplantgrond in die emmet op die net. Maak bo toe en haal uit en begin jou draad rondom die bal draai. Jy moet saam iemand werk want jy gaan nie genoeg hande he nie!!!! Vorm maar die bal rond soos wat jy die draad omdraai...moenie die draad te dig omdraai nie want jy moet plant. Ek het n yster vir my gemaak met n skerp puntjie waarmee ek gate in die bal druk. Ek breek die rosies af sodat hulle nog lang steeltjies het en haal die onnodige blaartjies af!!! O ja onthou nou ook dat ek die balle wat ek klaar gemaak het oornag in water laat le voor ek die rosies begin plant!!!! Dan plant jy maar net en gooi 1 maal per week nat!!!! 1 maal n maand gooi ek epson salt in my water en gooi die bal nat!!!