Tuesday 11 August 2015

KORSLOSE BROCCOLI QUICHE




KORSLOSE BROCCOLI QUICHE (Diabeet vriendelik)

Daar is maar 6 gram carbohydates/koolhidrate in die hele quiche (die melk)
...
'n Lekker groot broccoli
6 groot eiers
1/4 koppie room
1/4 koppie melk
1/2 teelepel sout (jou smaak)
1/4 teelepel peper (jou smaak)
Nutmeg as jy het so 1/2 teel.
3/4 koppie gerasperde Cheddar Kaas
botter om die bak te smeer
Vat 'n pot, sit dit op die stoof met water en laat die water kook. Gooi dan die broccoli daar in en laat dit kook vir so minuut - Gooi die water uit en skud die broccoli om meeste water uit te kry. Sny dit dan op, sulke lekker growwe stukke.
Meng nou al die ander bestanddele goed saam, die eiers, die room, die melk, sout en peper, kaas en nutmeg (as jy het).
Skep in jou oondvaste bak wat gesmeer is met botter/margarien. Sit in oond van 180grC en bak vir so 30 tot 40 minute tot als mooi goudbruin is.
Eet saam met vleis of vis of daarsonder.
Dit is wat ek en Bernadine vanaand gaan eet, saam met 'n tjoppie.
Diabeet Vriendelike Kos