Tuesday, 25 August 2015

GEBAKTE BRUSSELSE SPRUITE MET KERRIEROOMSOUS




GEBAKTE BRUSSELSE SPRUITE MET KERRIEROOMSOUS
6 porsies


bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
1 ml droë gemengde kruie
4 skywe ham, in blokkies gesny

40 vars Brusselse spruite
knypie sout en peper
250 ml (1 k) room
200 ml (1 pakkie) Tikka Curry (Coat & Cook) van Ian Paarman

Stel oond op 180 °C.

1 Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en kruie saam tot ui sag is.
2 Roer gekapte ham by.
3 Plaas Brusselse spruite in 13 cm X 21 cm grootte oondbak wat met kossproei gespuit is.
4 Voeg 10 ml (2 t) water by en bedek met kleefplastiek.
5 Mikrogolf Brusselse spruite vir vier minute teen 100% krag.
6 Trek kleefplastiek af.
7 Sprinkel sout en peper bo-oor Brusselse spruite.
8 Skep ui- en- hammengsel bo-oor Brusselse spruite.
9 Meng room en pakkie Tikka curry en giet bo-oor Brusselse spruite in oondbak.
10 Bedek met foelie en bak vir 30 minute.
11 Sit warm as bygereg voor.