Tuesday, 25 August 2015

EIERHAPPIES




EIERHAPPIES
6 porsies
Bestanddele

Witsous
45 ml (3 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) volroommelk


Vulsel
20 ml (4 t) botter
1 ui, fyn gekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
8 hardgekookte eiers, afgedop en fyngekap

Afronding
125 ml (½ k) koekmeel
1 eier, geklits
250 ml (1 k) droë broodkrummels
750 ml (1 bottel) olie

Metode
1 Witsous Smelt botter en roer koekmeel by tot glad.
2 Voeg melk bietjies-bietjies by sodat dit nie klonte vorm nie.
3 Kook oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot sous dik is. Laat eenkant om heeltemal af te koel.

4 Vulsel Smelt botter en soteer ui en spek daarin tot gaar. Verwyder van hitte.
5 Roer pietersielie en fyngekapte eiers daarby. Roer ook witsous by.
6 Vorm middelslag-grootte balletjies.

7 Afronding Rol in koekmeel, dan in geklitste eier en laastens in broodkrummels.
8 Verhit olie in klein, diep kastrol. Braai tot goudbruin.
9 Skep uit en plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
10 Sit saam met slaai of as bygereg voor.