Wednesday, 5 August 2015

Fenna se koolgereg met maalvleis




Fenna se koolgereg met maalvleis

Bestanddele

500 g maalvleis
2 uie, opgekap
5 ml kerriepoeier
olie
sout en peper, na smaak
45 ml tamatiepasta
½ koppie rou rys
1 blokkie hoederekstrak
500 ml kookwater
¼ koolkop, grofgekap
½ appel, in blokkies gesny
Metode
Braai die ui en kerriepoeier in olie.
Voeg die maalvleis by, en braai tot bruin.
Voeg al die ander bestanddele by.
Roer goed deur, en laat vir 'n een uur stadig prut.
Bedien met slaai.

No comments:

Post a Comment