Monday, 17 August 2015

Broodjies met geroosterde groente en kaas




Broodjies met geroosterde groente en kaas

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
25 minute
Oondtemperatuur:
200 ºC

• 3 klein eiervrugte, in skywe van 1 cm dik gesny
• 4 groot murgpampoentjies, in skywe gesny
• 30 ml olyfolie
• 10 ml gemengde droë kruie
• 1 plaasbrood, in snye gesny en gerooster
• 4 stukke gemarineerde sondroogtamatie, fyngekap
• 250 ml gerasperde mozzarella
• slaai, om voor te sit

1 Sit die eiervrug en murgpampoentjie in ’n oondroosterbak. Drup dieolie oorm sprinkle die kruie bo-oor en geur dit na smaak. Rooster die groente vir omtrent 20 minute in die verhitte oond, of tot dit net-net gaar is.

2 Pak die snye roosterbrood op ’n bakplaat. Rond dit af met ’n skyf geroosterde eiervrug, ’n bietjie sondroogtamatie, ’n paar skywe murgpampoentjie en laastens ’n bietjie kaas. Sit dit onder ’n warm roosterelement tot die kaas smelt en sit dit dan voor met slaai.