Friday 17 July 2015

Wortel-en-hawermoutbrood




Wortel-en-hawermoutbrood
Maak: 1 brood
 Bereidingstyd: 20 minute
 Baktyd: 1 uur
 Oondtemperatuur: 180 °C
• 4-6 wortels, geskil
• 105 g (190 ml) bruinbroodmeel
• 105 g (190 ml) koekmeel
• 2 ml koeksoda
• 5 ml bakpoeier
• 60 ml gerolde hawermout, plus ekstra vir oorsprinkel
• 3 groot eiers
• 130 ml sonneblom- of kanola-olie
• 40 g (45 ml) bruinsuiker

1 Rasper die wortel fyn en druk die meeste sap uit. Rasper genoeg om ’n koppie (250 ml) vol te maak.
2 Meng die twee soorte meel, koek- soda, bakpoeier en hawermout saam. Voeg 5 ml sout by.
3 Klits die eiers en olie saam. Roer die suiker en wortel by. Vou die meelmengsel in en roer dit liggies om seker te maak dis gemeng, maar wees versigtig om dit te veel te meng.
4 Skep die deeg in ’n broodpan wat gevoer en gesmeer is. Sprinkel ekstra hawermout bo-oor. Bak dit vir een uur in die verhitte oond, of tot ’n toetspen skoon uitkom. Die brood smaak die beste op die dag waarop dit gebak is.
• Gisvry
• Allergene: koring, gluten en eiers
(Idees)