Monday 27 July 2015

Warm winterbrood





Warm winterbrood
Bestanddele
4 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
swartpeper, na smaak
1 blikkie Chakalaka
100 ml melk
4 eiers, geklits
½ koppie (125 ml) cheddarkaas, gerasper
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n broodpannetjie van ±13 cm x 23 cm met kleefwerende sproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die swartpeper by.
Roer die Chakalaka en melk by die geklitste eiers en voeg die kaas by. Meng deeglik.
Voeg die eier-mengsel by die droë bestanddele en roer liggies tot net gekombineer.
Skep die beslag in die broodpan en bak vir 45 tot 55 minute, of tot ‘n toetspen skoon uitkom, tot goudbruin en gaar.
Haal uit die oond, keer uit op ‘n draadrakkie en bedien warm met botter.