Friday 24 July 2015

Uie en Soetrissie Brood




Uie en Soetrissie Brood
Lewer 2 minibrode of 1 groot brood
Bereiding: 20 min.
Baktyd: 55 -60 min.

1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
30 ml (2 e) sonneblomolie
125 ml (½ k) melk
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
10 ml (2 t) droë uievlokkies
5 ml (1 t) knoffel-en-krui-speserye
2 groot eiers
625 ml (2½ k) broodmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
sout en pas gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) pampoenpitte
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 15 x 9 cm broodpanne of een pan van 22 x 8 cm.
  1. Meng die ui, soetrissies, kaas, olie, melk, pietersielie, uievlokkies, speserye en eiers in ’n groot bak.
  2. Sif die meel en bakpoeier saam, geur met die sout en peper en voeg by die uiemengsel. Roer liggies tot al die bestanddele goed gemeng is.
  3. Verdeel die mengsel tussen die voorbereide panne, sprinkel die pampoenpitte bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.