Friday 24 July 2015

Miljoenêrs Sjokolade Koek




Miljoenêrs Sjokolade Koek
Bestanddele:
4 eiers
250 ml suiker...
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
65 ml kakao
Knippie sout

125 ml kookwater
125 ml sonneblomolie
1 blik Ideal Melk
125 ml suiker
200 g heelneut sjokolade
± 60 ml melk
Metode:
Klits eiers en suiker tot lig en romerig. Sif droë bestandele en vou in eiermengsel. Meng olie en kookwater en roer by. Bak in ‘n gesmeerde ringkoekpan by 180’C vir 35 minute of tot gaar. Bring intussen Ideal Melk en suiker tot kookpunt. Keer koek uit pan en skep Ideal Melk oor koek sodra dit uit oond kom. Laat heeltemal afkoel. Smelt sjokolade in mikrogolf oond, roer elke 10 sekondes. Roer 1 teelepel melk op ‘n slag by sjokolade totdat sjokolade blink en smeerbaar is. Smeer oor koek.