Stap-vir-stap gnocchi
Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: ongeveer 1 uur
Oondtemperatuur: 120°C
• 500g styselryke aartappels
• ongeveer 160g koekmeel
• 1 middelslag-eier, liggies geklits
Sampioensous
• 100g botter
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 250g gemengde vars sampioene, in skyfies gesny
• 125ml droë witwyn
• 30ml gekapte vars Italiaanse pietersielie
• 50ml room
• 50ml gerasperde parmesaankaas
• parmesaanskaafsels om voor te sit
1 Was die aartappels. Sit dit in ‘n kastrol en gooi genoeg koue water by sodat die aartappels heeltemal bedek is. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir omtrent 35 minute prut tot net-net sag (moenie dit te gaar maak nie – die skilletjies moenie oopbars nie). Haal die aartappels uit die kastrol uit en pak dit op ‘n bakplaat. Droog dit vir vyf tot sewe minute in die oond uit. Haal die aartappels uit die oond uit en skil dit terwyl dit nog warm is. Gebruik ‘n oondhandskoen om die aartappels vas te hou. Rasper dit grof of maak dit met ‘n aartappeldrukker fyn. Gooi die aartappel in ‘n groot mengbak. Sprinkel omtrent driekwart van die meel oor en maak dan ‘n holte in die middel. Voeg die eier en 2ml sout by.
2 Meng dit goed totdat dit ‘n deeg begin vorm. Gooi nog meel by indien nodig. Knie dit liggies vir een minuut. Sif meel oor ‘n werkoppervlak en druk die mengsel in plat vierkante van omtrent 1,5cm dik. Sny dit in dik repe van 1,5cm en rol die repe in worse. Sny elke rol in stukkies van 1cm tot 1,5cm.
3 Druk ‘n stukkie met jou duim teen ‘n vurk sodat dit omkrul en die vurk se merke kry. Herhaal die proses met die ander stukkies en pak dit op ‘n bakplaat waaroor meel gesif is.
4 Verhit ‘n groot pot met water tot kookpunt. Voeg die helfte van die gnocchi by en hou die water aan met roer totdat die gnocchi na die oppervlak kom. Dit behoort omtrent ‘n minuut te neem. (kook die ander helfte apart, of vries dit as jy nie alles op een slag wil gebruik nie.) Skep die gnocchi met ‘n gaatjieslepel uit die kastrol uit en voeg dit by die bereide sampioensous.
5 Sampioensous Verhit die helfte van die botter oor lae hitte in ‘n kastrol. Voeg die knoffel by en braai dit vir een minuut. Gooi die sampioene by en braai dit vir ‘n paar minute totdat dit begin sag word. Gooi die wyn by en verhoog die hitte tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir ‘n paar minute prut. Gooi dan die pietersielie, room en parmesan by. Geur dit goed met sout en gemaalde swartpeper. Voeg die res van die botter by en roer dit deur tot gesmelt. Gooi die gnocchi by en roer dit deur sodat dit oraloor met sous bedek is. (Indien die sous te dik is, gooi ‘n bietjie van die water waarin die gnocchi gekook het, by.) Sit dit voor met parmesaanskaafsels.
SLIM IDEES
• Kies styselryke aartappels vir dié gereg – dis geskik vir fynmaak en sal op die verpakking aangedui word as‘starchy potatoes’of‘mashing potatoes’.
• Gebruik aartappels van dieselfde grootte sodat dit gelyk gaar word.
• Moenie die aartappels oorgaar maak nie – as dit te veel water absorbeer, sal die deeg te slap wees.
• Moenie dat die deeg koud word nie; werk vinnig en hanteer die deeg so min as moontlik om te keer dat dit taai word.
• As jy die gnocchi gaan vries, maak seker dit het ’n goeie meellaag oor (sif dit oor). Laat dit effens uitdroog, pak dit in ’n lugdigte houer en vries dit tot benodig.