Friday 24 July 2015

Sjokolade Muise




Sjokolade Muise
Hierdie resep werk veral goed vir kinderpartytjies en koektafels by die kermis.
Waarskuwing: nie vir mammas wat maklik gril nie!

Bestanddele:
* 1 blok donker sjokolade in stukkies gebreek
* 4 eetlepels suurroom
* 125g (1¼ koppie) koekiekrummels (sjokolade soort)
* versiersuiker / Milopoeier
* silwer balletjies versiering
* amandelneut vlokkies
* rooi of swart licorice
Metode:
* Smelt die sjokolade oor ‘n pot kookwater op die stoof.
* Meng die suurroom by die sjokolade.
* Roer koekiekrummels by.
* Bêre in die yskas tot dit afgekoel het.
* Rol eetlepels porsies in balletjies, en maak ‘n skerp punt aan die een kant vir die neusie.
* Rol die deeg in versiersuiker vir wit muise, en in Milo poeier vir bruin muise.
* Sit twee silwer balletjies aan elke stukkie deeg vir ogies.
* Sit twee amandelneut vlokkies aan die deeg vir oortjies en ‘n dun repie licorice vir die stert.
* Bêre in die yskas vir ten minste 2 ure tot dit ferm is.