Wednesday 22 July 2015

Pikante mielievetkoekies



Pikante mielievetkoekies
Bestanddele
2 k (500 ml) koekmeel
 2 t (10 ml) bakpoeier
 1 t (5 ml) paprika
 1 t (5 ml) sout
 2 eiers, geklits
 ½ k (125 ml) melk
 1 blikkie (410 g) mieliepitte, gedreineer
 ¼ k (± 65 ml) pikante soetrissies (Peppadews), grofgekap
 2 e (30 ml) grasuie, gesnipper
 Olie vir diepvetbraai

Metode
Sif die droë bestanddele saam.
 Voeg die eiers en melk by, en meng deeglik tot ‘n gladde beslag.
 Roer die mieliepitte, soetrissies en grasuie by.
 Verhit die olie in ‘n diep kastrol tot ± 180°C.
 Skep eetlepelsvol van die beslag in die olie en braai die klein vetkoekies tot goudbruin en gaar.
 Bedien warm met brosgebraaide spek, kaas en flous Hollandaisesous, of koud vir padkospeuselhappies.