Wednesday 22 July 2015

Eier en melk vrye maklike Madeira koek




Eier en melk vrye maklike Madeira koek.
Hierdie resep is uiters eenvoudig, goedkoop en kan opgekikker word deur korente, neute, gesnipperde geblikte appels of enige ander lekker dinge by te voeg.
Moet NET NIE die oond oopmaak tydens die bakproses nie...
...
Bestandele
1 ryp piesang
1 koppie soyamelk
1 koppie suiker
1.5 koppies meel
knippie sout
half koppie sonneblom olie
2.5 telepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
Stel oond op 180 grade
Maak piesang fyn in mengbak
Voeg al die bestandele by en meng tot glad
(Indien jy ander lekkernye wil bysit, voeg dit nou in die deegmengsel)
Spuit jou ringbak, of broodpan of gewone koekpan met Spray + Cook
Gooi mengsel in pan
Bak vir 45 minute. Moenie oond oopmaak voor die laaste paar minute nie
Skakel oond af, en los pan binne oond vir nog 10 minute vir mooi bruiner voorkoms
Haal uit oond, en koel af
Bedien net so , of sif droë versiersuiker bo oor, of smelt donker sjokelade en bedrup koek daarmee.
ns) Vir n krakerige soetigheid, kan gewone suiker bo -op die deeg gesprinkel word voor dit in die oond in gesit word.
Maak net seker dat die kante van die pan nie vol suiker kristalle is nie.