Friday 31 July 2015

Pampoen Gesondheidsbeskuit



Pampoen Gesondheidsbeskuit
Lewer so ongeweer 60 stukke

Benodig:

375g botter
400g (500ml) suiker
10ml sout
500ml karringmelk
1kg bruismeel
10ml bakpoeier
200g (5 x 250ml) semels
2 groot eiers
125ml sonneblomolie
300g (250ml) pampoenpuree
45ml blatjang
100g (250g) pekanneute, fyngekap
80g (125ml) pitlose rosyne

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 C, smeer 2 middelslag broodpanne goed.
Smelt die botter en voeg die suiker, sout en karringmelk by, meng goed.
Sif die bruismeel en bankpoeier saam en meng die semels by.
Klits die eiers en olie saam en voeg by die bottermengsel.  Roer by die droëmengsel en meng goed.
Voeg die pampoen, blatjang, pekanneute en rosyne by en meng goed.
Vorm balletjies van die deeg en pak in die broodpanne.
Bak vir 1 uur en laat 'n rukkie in die panne afkoel voordat jy dit op 'n afkoelrak uitkeer om heeltemal af te koel.
Breek die beskuite los van mekaar en pak op 'n oondrak.  Laat dit oornag uitdroog by 80 - 100C.