Tuesday 21 July 2015

Ontbyt Spirale



ONTBYT SPIRALE
30 ml olie
½ ui, fyngekap
1 pakkie spek, fyngekap
1 rooipeper, ontpit en fyngekap
1 tamatie, ontpit en fyn gesny
sout en swartpeper
30 ml pietersielie, fyn gekap
1 rol skilferkorsdeeg (400g)
METODE
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerende sproei.
Verhit ‘n braaipan en giet die olie daarin.
Braai die ui en spek tot gaar.
Voeg die rooipeper en tamatie by en braai vir nog 3-5 minute.
Geur met sout, swartpeper en pietersielie.
Laat dit afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg effens uit en sprinkel die vulsel bo-oor.
Rol die skilferkorsdeeg eweredig op.
Sny in 3 cm skywe en plaas dit spiraal na bo in die muffinpannetjie.
Bak vir 10 - 12 minute, of tot goudbruin en gaar.