Thursday 30 July 2015

'n Kaas en Beskuitjiebord



Vir die kaasbord:

Kaasvorm

2x Fairview-kaas (die “goats cheese with onions & chives” is lekker)
1 x Philadelphia-kaas
1 x gladde roomkaas
1 x koppie gerasperde cheddarkaas
Meng alles saam. Plaas in vorm van keuse (vir die foto’s het ons dit in ‘n appel gevorm en in gerookte paprika gerol).



Ster-kaasbrosbrood

185g sagte botter
250g koekmeel
85g cheddarkaas of parmesankaas
½ teelepel mosterdpoeier
¼ teelepel gemaalde paprika
1 geklitste eier vir glans
35g saadjies van jou keuse (bv. sesame, papawer of gemengde neute)
 Meng alles in ‘n voedselverwerker en druk bymekaar. Laat rus in yskas vir 30 min. Rol uit op meelbestrooide oppervlak en druk uit met sterdrukker. Pak uit op bakplaat en verf met geklitste eier, strooi saadjies oor. Bak tot goudbruin by 180° en bedien saam met kaasvorm.