Friday 17 July 2015

Melkkos



Melkkos
Bestandele:
1 koppie meel
1 1/2 eetlepel harde botter
‘n Knippie sout
2 1/2 koppies melk

Metode:
1. Vryf die botter by die meel in en voeg die knippie sout hierby.
2. Bring die melk tot kookpunt op die plaat en voeg die botter en meel mengsel bietjie op ‘n slag by.
3.  Draai die plaat tot op ‘n lae hitte en kook vir omtrent 5 minute terwyl jy die mengsel baie gereeld roer.
4.  Sprinkel kaneelsuiker bo-oor die melkkos en eet warm.