Tuesday 28 July 2015

MAKLIKE BROWNIES





MAKLIKE BROWNIES
200 g (200 ml) botter
300 g (375 ml) suiker
100 g (180 ml) koekmeel...
75 ml kakao

20 ml vanieljegeursel
3 ekstra-groot eiers, liggies geklits
100 g donkersjokolade, grof gekap
50-75 g haselneute, gekap
METODE :
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak of bakplaat van ongeveer 16 x 25 x 3 cm met botter.
**Die grootte van die bak is belangrik vir die regte baktyd en die beste resultaat.
2. Smelt die botter en suiker oor lae tot matige hitte in ’n kastrol en roer deurentyd tot die suiker gesmelt is.
3. Verwyder die kastrol van die plaat. Sif die droë bestanddele saam en roer met die vanieljegeursel, in die kastrol, by die bottermengsel in.
4. Meng deeglik.
5. Roer die eiers bietjie vir bietjie by en roer deeglik na elke byvoeging.
6. As die mengsel te warm is en die eier laat stol, moet dit eers effens afkoel.
7. Roer die sjokolade en neute deur en skep die deeg in die gesmeerde bak.
8. Bak 25-30 minute of net tot ’n toetspen skoon uitkom.
**Toets op meer as een plek, ingeval jy dalk gesmelte sjokolade raaksteek, wat die stokkie nat laat lyk.
9. Druk ook liggies in die middel op die poeding – as dit net gestol is, is dit gereed.
**Dit stol verder soos dit afkoel.
10. Bak nog 5 minute indien nodig. Moenie te lank bak nie, anders word dit droog en hard.
**Sny in blokkies en sit warm of teen kamertemperatuur voor