Thursday 11 June 2015

Weense worsie-krokette




Weense worsie-krokette
Deur Huisgenoot Digitaal
LEWER 6-8 KROKETTE
Bereiding: 20 min....
Verkoeltyd: 30 min.
Gaarmaaktyd: 15 min.

10 Weense worsies, fyn gedruk
250 ml (1 k)
kapokaartappel
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
30 ml (2 e) fyn gekapte ui
sout en peper na smaak
1-2 ml (¼-½ t) paprika
1 eier, geklits
sowat 125 ml (½k) koekmeel
droë broodkrummels
olie vir diepvetbraai
Meng die worsies, aartappel, pietersielie en ui. Geur met die sout, peper en paprika en voeg die eier by.
Meng en voeg net genoeg koekmeel by om ’n stywe mengsel te vorm. Vorm die mengsel in silindervorminge worse van sowat 4 cm lank en 2 cm in deursnee.
Rol in die broodkrummels en laat sowat 30 minute verkoel.
Braai in die verhitte olie tot bruin buite om.
Sit warm voor saam met skyfies suurlemoen.
Wenke
Tik enige soort vleis met kombuispapier droog voor jy dit in broodkrummels rol.
Braai altyd klein hoeveelhede op ’n slag en laat die olie toeomtussendeurweerwarmer te word.