Thursday 11 June 2015

OORGOOI DEEG of Telegrampies




Lorinda Maritz
 
Hierdie is vinnige idee vir ete of peuselhappie. Ek het dit al met gaar maalvleis, gaar hoender, tuna, gerasperde kaas, gaar spekstukkies of mielies gemaak (die pitte in blik nie sweetcorn nie)
Deeg kan sommer in tupperware houer met klitser gemeng word dan is daar min skottelgoed
OORGOOI DEEG of Telegrampies
...
KLITS SAAM
1 kop melk
2 eiers
½ kop olie
VOEG BY

1 kop koekmeel
2 tl bakpoeier
¼ tl sout
¼ tl fondor of Aromat
Deeg is baie slap.
Bespuit kolwyntjiepanne.
Skep deeg onder in en dan vleis en weer 'n dun lagie deeg.
Bak in warm oond 230 * C tot ligbruin.
Heerlik koud of warm