Monday 8 June 2015

BENOFFEE TERT




BENOFFEE TERT

BENODIG:
1 pakkie beskuitjies – tennis, romany creams, digestive (waarvan jy hou)...
125 ml gesmelte botter
3 piesangs
250 ml room
60 ml strooisuiker
1 blikkie kondensmelk

1 blikkie caramel treat
1/3 (70g) bruinsuiker – daai wat lyk of dit lewe
50 g botter
1 flake
NOU:
kap die koekies fyn in jou voedselverwerker
1. gooi die 125 ml gesmelte botter by
2. spuit n losboompan
en druk die kors daarin vas – sit in die yskas vir minstens 30 minute
gooi die kondensmelk ( nie caramel treat nie) , 50 g botter en bruinsuiker in n pot
nou moet jy aaneen roer vir om en by 10 minute – totdat dit dik word
haal dit van die plaat af en roer die caramel treat by
gooi dit oor jou kors en sit in die yskas vir 30 minute
sny die piesangs in ringetjies en rangskik op die karamellaag
klits die room en strooisuiker en smeer oor die piesangs
krummel die flake en gooi oor die roomlaag
1. laat dit rus vir ten minste 1 uur in die yskas