Monday 25 May 2015

Martjie se marmerkoek




Martjie se marmerkoek

Bestanddele

Bestanddele
1/4k mielieblom
2k koekmeel
2 1/2t bakpoeier
1/4t koeksoda
1/2t sout
170g botter
1 1/4k suiker
Vanieljegeursel
3 eiers
200ml karringmelk
140g donker sjokolade, gesmelt

Instruksies


Metode
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Sif die droë bestandele saam en hou eenkant.
3. Room die botter en die suiker saam, en voeg die eiers een vir een by. Voeg die vanielje by.
4. Klits nou die droë bestandele in 3 dele by en wissel om die beurt met die karringmelk af.
5. Deel die beslag in twee gelyke hoeveelhede.
6. Vou die sjokolade by een van die dele by.
7. Voer ’n gesmeerde broodpannetjie uit met bakpapier.
8. Skep of spuit eetlepels deeg in die broodpan, en wissel die vanielje en skokolade beslag af, sodat ’n skaakbord-effek gevorm word.
9. Skep of spuit nou weer (om die beurt) lepelsvol beslag bo-op die onderstes. Vanielje op sjokolade en andersom.
10. Gebruik ’n sosatiestokkie en trek ’n duidelike 8 deur die deeg.
11. Bak die marmerkoek vir 40-45 minute.