Friday 22 May 2015

GEMENGDE GROENTE-ATJAR




Inlê van groente gaan nooit weer dieselfde wees nie. Kyk net hierdie oulike idees. Sjoe wie van ons sal nie daarvan hou om so 'n bottle as geskenk te kry nie. 'n Mens sal weer te jammer voel om dit te eet.

GEMENGDE GROENTE-ATJAR
10 ml koeksoda
6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny ...
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
1 groot ui, in dun skywe gesny
1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny


250 ml vars of bevrore ertjies
50 ml atjarmasala
5 ml sout
5 knoffelhuisies, gekneus
400 ml kookolie
METODE:
Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide groente 2 minute daarin week.
Dreineer goed en bedek dadelik met koue water.
Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met 30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg die atjarmasalamengsel by.
Giet oor groente en meng aan; maak seker dat groente goed bedek is met mengsel.
Plaas in houer in yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde flesse.
Berg in koel, donker plek.
Hierdie atjar kan dadelik geeet word, maar is beter na 2-3 weke.