Friday 17 April 2015

Soetsuur-braaihoender



Soetsuur-braaihoender
Jy benodig
  • hoenderboudjies en -dytjies
Vir die sous
  • ½ bottel blatjang
  • 1 koppie bruinasyn
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 blik gevlokte pynappel, gedreineer
  • ’n duimpie gemmer, fyngerasper
Só maak jy
1 Verhit al die bestanddele vir die sous saam in ’n potjie en kook dit totdat die suiker opgelos het. Roer dit voortdurend sodat die sous nie aanbrand nie.
2 As jy hou van ’n effense byt in jou sous, kan jy ook ’n bietjie Tabasco en gedroogte rissie daarby inwerk.
3 Hou die sousie warm sodat dit nie dik word wanneer dit afkoel nie.
4 Pak die hoenderstukke op die rooster en braai dit stadig. Bedruip dit elke keer wanneer jy dit omdraai met die warm sous.

Hou maar ’n jammerlappie byderhand, want dié sousie maak alles taai.