Friday, 17 April 2015

ROOMYSHORINKIES MET MALVALEKKERVULSEL




ROOMYSHORINKIES MET MALVALEKKERVULSEL

Jy benodig
(vir 1 horinkie)
  • 1 suikerhorinkie (dis die soort wat hulle in ’n King Cone gebruik)
  • 1 hand vol malvalekkers
  • 50 ml kondensmelk
  • 1 hand vol gemengde neute
  • Marie-beskuitjies
  • gesmelte donkersjokolade
  • verskeie bont lekkers
Só maak jy
1 Tamaai taaiheid. Smelt die malvalekkers met die kondensmelk en voeg die neute by.
2 Top hom op. Gooi die taai mengsel in die horinkie en laat dit stol met ’n Marie-beskuitjie oor die opening vasgeplak. (Die maklikste is om die vol horinkie in ’n leë glas te laat regop staan totdat die inhoud gestol het).
3 Laat jou verbeelding los. Versier dan die horinkie deur die lekkers met gesmelte sjokolade aan die buitekant vas te plak.