Friday 17 April 2015

Moedersdag geskenk idee: Maklik en goedkoop


Maak self 'n moedersdag geskenkie uit jou eie huis:
Hier is soveel heerlike resepte op ons blad waarvan jy kan kies en keur.  Sommige lekker uitdagings en ander so maklik dat enige bak-beginner dit kan baasraak.

Idee:  Bak kleinkoekies wat sag smelt in die mond, sit dit in 'n boksie en draai dit mooi toe.  Enige mamma sal baie bly wees oor so 'n geskenk en dit kos jou amper niks.  (Jy kan sommer 'n ekstra boksie ook maak vir die tannies wat spesiaal in jou lewe is, al is hul nie jou eie mamma nie...of lewer sommer 'n paar boksies by die ouetehuis af vir die moeders daar wie se kinders nooit kom kuier nie.)