Mareli se onderstebo appel-en-kaneelkoek
BestanddeleBolaag
250 ml donker bruinsuiker
125 ml water
75 g botter
5 ml kaneel
4 appels
Koek
375 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
4 eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
125 g botter, gesmelt
Instruksies
- Voorverhit die oond teen 160 °C en smeer ’n koekpan van 24 cm met botter en voer uit met bakpapier.
- Plaas die donker bruinsuiker, 125 ml water, 75 g botter en 5 ml kaneel in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot opgelos. Verhit tot kookpunt en prut tot die stroop ’n goue kleur het.
- Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel baie goed tot liggeel en dik (8-10 minute).
- Vou die meelmengsel daarby in. Giet die botter oor en vou dit ook in.
- Gooi die karamelstroop onder in die pan. Sny die appels in skywe en pak in die stroop.
- Skep die koekbeslag bo-op die appels en bak vir sowat 40 minute of tot gaar.
- Laat die koek vir 10 minute in die pan afkoel voordat dit omgekeer word op ’n opdienbord. Sit louwarm voor met room