Wednesday, 15 April 2015

CHICKEN KISSES




Rencia Odendaal Pretorius

 CHICKEN KISSES pastei gebak met mayo-mash
Probeer dit gerus - dit is heerlik. Jy kan die roomkaas ook vervang met gladde maaskaas
...
4 koppie gaar hoender in blokkies gesny of gevlok
1 houertjie roomkaas by kamertemperatuur
4 eetl botter, saggemaak
1 tl sout
1/2 tl peper
1/4 koppie melk
1 klein ui in blokkies gesny
6 na 8 stukkies spek, gesnipper en gebraai
1 rol puff pastry /blaardeeg
Meng al bogenoemde en gooi in 'n oondbak
Sit die blaardeeg oor
Smeer met bietjie eier, melk of mayonnaise
Bak by 180C vir ongeveer 20 na 30 minute of tot goudbruin.
Mayo-mash:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar en sag - maak fyn
Voeg by – gemaalde swart peper en sout , 1 tl droe pietersielie, 1 teelepel bakpoeier en 'n lekker homp botter - roer deur - gooi nou so 2 eetl mayonaise by . Voeg nog melk by indien dit nog te styf is. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels. Pas jou mayonnaise aan as jy minder of meer aartappels vat.