Friday 17 April 2015

Biltong-en-kaashappies



Biltong-en-kaashappies

Maak: 30 vierkante
Bereidingstyd:
30 minute
Baktyd:
15 minute
Oondtemperatuur:
220 °C

• 270 g bruismeel
• 5 ml bakpoeier
• 5ml matige mosterdpoeier
• 1ml rooipeper
• 1ml gedroogde tiemie
• 250 ml biltong, gerasper of fyngesny
• 125 g koue botter, in blokkies gesny

Vulsel
• 200 ml biltong, gerasper of fyngesny
• 30ml grasuie, gekap
• 50ml beleë cheddar, gerasper
• 30 ml parmesaan, gerasper
• 30ml bloukaas, gekrummel
• 1 groot eier

1 Sif die meel, bakpoeier en mosterdpoeier in ’n mengbak. Roer die rooipeper, tiemie en biltong by.

2 Vryf die botter in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Roer geleidelik genoeg koue water by om ’n stywe deeg aan te maak. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit totdat dit ongeveer 2,5cm dik is en groot genoeg om ’n 36 x 26 x 5cm-bakplaat te vul.

3 Meng al die vulselbestanddele buiten die eier en hou dit eenkant. Klop die eier met ’n bietjie water en borsel dit oor die deeg. Strooi die vulsel eweredig oor die bereide deeg. Bak in ’n voorverhitte oond vir 15 minute en laat afkoel. Sny in klein vierkante en sit voor.