Monday 2 March 2015

Ysies




Lewer 6 ysies van elke geur
Grendella-ysies 2 grenadellageur-Yogi Sips
Cream soda-ysies 750 ml (3 k) Cream Soda-koeldrank
Bessie-ysies 2 gekoopte bessie-smoothies
Granaat-ysies 750 ml (3 k) granaatsap
1 Giet die Yogi Sip/koeldrank/smoothie/sap in ysievorms, sit die deksel op en vries 3-4 uur.
2 Doop die vorm ’n paar sekondes in warm water, laat die ysie uitgelip en
geniet dit.
Wenke
  • Meng die geure deur twee van ’n geur in een ysie te kombineer – onthou net dat die eerste geur moet vries voor die tweede een bygevoeg kan word.
  • Maak jou eie bessie-smoothie: Maak 150 g aarbeie, 125 ml (½ k) bevrore of vars frambose, 60 ml (¼ k) vanieljejogurt en 15 ml (1 e) esdoringstroop saam fyn.
  • Julle kan ook enige vrugtesap behalwe pynappelsap vries om ’n eenvoudige ysie te maak. Of vries verskillende vrugtesappe lagie vir lagie om ’n kleurryke ysie te vorm.
  • Maak ystee-ysies.
  • Maak dieetysies deur ’n dieet-aanmaakkoeldrank te vries.
  • Maak vir ma en pa ’n aangeklamde weergawe deur alkohol by die ysie te voeg – Pimm’s is die gewildste vrugte-ysie-bestanddeel, en vonkelwyn werk ook goed.

vrugte-ysies

 


Bestanddele
Stroop
250ml water
250ml witsuiker
Vrugte van jou keuse

Metode
Smelt die water en suiker saam totdat al die suiker opgelos het.
Kook vir sowat 1 minuut, giet in 'n glasfles en hou koel tot benodig.
Jy kan jou stroop met basiliekruid, kruisement, sitroengras, kardemom, lemmetjieskil of suurlemoenskil geur.
Was die vrugte en verwyder al die pitte en blare.
Puree die vrugte in 'n voedselverwerker.
Voeg nou'n bietjie suikerstroop by totdat dit vir jou goed smaak.
Voeg alkohol by as jy dit wil gebruik.
Giet die mengsel in indiwiduele ysie-houers of gebruik 'n plastiekbak as jy sorbet maak.
Plaas in die vrieskas en laat die ysies heeltemal hard word.
As jy sorbet maak, neem net' n vurk en breel die yskristalle elke 15 minute op om 'n gladde sorbet te maak.
Wanneer jy gereed is om te op te dien, vul 'n groot emmer of bak met ys en plaas van die vrugte-ysies daarin met' n bietjie vars vrugte.


Aarbei-en-jogurt-ysies


(10 ysies)
Plaas 200 g (250 ml) suiker en 250 ml water in kastrol en kook vir 5 minute. Laat afkoel en voeg by 500 ml aarbeijogurt. Sny 200 g aarbeie of kiwivrugte in skywe, en druk dan skyfies vrugte in ysievorms of leë jogurthouers van 125 ml. Verdeel jogurtmengsel tussen vorms en druk ’n roomysstokkie in elkeen. Vries oornag. Doop vorms vinnig in warm water en haal ysies uit. Sit voor.