Sunday 1 March 2015

BROODSISTERS




BROODSISTERS
As mens die stroopvingers toe-oog eet, sal jy dink dit is koeksisters. Baie goedkoper en makliker as die ware koeksisters!
750 ml suiker
275 ml wat...er
10 ml suurlemoensap
40 ml gouestroop
knippie sout
gekneusde gemmer of stukkies pypkaneel

1 dag-oud witbrood
kookolie
Meng die suiker, water, suurlemoensap, stroop, sout en gemmer in ‘n middelslag kastrol.
Verhit en roer om suiker te laat oplos.
Laat 5 minute kook en verkoel dan tot yskoud.
Sny die brood in snye en sny die korsies af.
Sny die snye dan in 4 ewe groot vingers.
Braai die broodvingers in warm, diep kookolie tot ligbruin aan weerskante en doop warm in koue stroop.
Plaas op draadrakkie, sodat oortollige stroop kan afloop.
Hou die stroop koud deur dit in ‘n bak ys te sit terwyl jy werk.
Lewer 100 broodsisters.