Martjie se amandelstafies
Bestanddele(Lewer 24 stafies)
Kors
125 g botter
60 ml (1/4 k) strooisuiker
250 ml (1 k) koekmeel
Bolaag
100 g botter
80 ml (1/3 k) strooisuiker
2 eiers
250 ml (1 k) gemaalde amandels
125m l (1/2 k) amandelvlokkies
5 e fyn appelkooskonfyt
Instruksies
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Kors: Room die botter en die strooisuiker saam tot lig en romerig. Sif die meel en voeg dit by. Plaas die deeg in ’n gesmeerde pan en versprei eweredig.
- Bolaag: Room die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klop goed. Voeg die gemaalde amandels by, meng goed en smeer die mengsel versigtig oor die kors. Sprinkel die gevlokte amandels bo-oor.
- Bak vir sowat 20 minute.
- Smelt die appelkooskonfyt oor lae hitte terwyl die stafies bak.
- Smeer die appelkooskonfyt bo-oor sodra die pan uit die oond verwyder is. Laat dit in die pan afkoel.
- Sny in skywe of blokkies.