Monday 9 February 2015

Terug-skool-toe appelhappies




Terug-skool-toe appelhappies

 


Bestanddele
1½ koppie (375 ml) All Bran-vlokkies
1 koppie (250 ml) gedroogte appels, grofgekap
¼ koppie (±65ml) pekanneute, gerooster en grofgekap
4 eetlepels (60ml) heuning
½ koppie (125ml) sultanas
4 eetlepels (60ml) grondboontjiebotter
2 eetlepels (30ml) botter, gesmelt
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
¼ koppie (±65ml) hawermout
2 eetlepels (30ml) sonneblomsaad

Metode
Plaas die graanvlokkies in ‘n plastieksakkie en gebruik ‘n rolstok om die graanvlokkies effens te druk.
Plaas die graanvlokkies in ‘n mengbak en voeg die res van die bestanddele by.
Roer tot die bestanddele deeglik gemeng is.
Skep eetlepelsvol van die mengsel en rol in balletjies.
Plaas in die yskas tot ferm.