Monday 9 February 2015

Ma se Koejawel Basaarpoed(r)ing




Ma se Koejawel Basaarpoed(r)ing

 

Deur: Nina Timm

Bestanddele
2 x 410 g blikke koejawels, gedreineer
1 x 385 g blik kondensmelk
1 liter melk
125 ml vlapoeier
2 x 80 g aarbeijellie
400 ml kookwater
4 eierwitte

Metode
Gooi melk en kondensmelk in ‘n pot.
Roer en bring stadig tot kookpunt.
Meng die vlapoeier met ‘n bietjie melk, en sodra die melk in die pot by kookpunt is, roer die vla by en hou aan roer totdat die vla verdik.
Laat die vla afkoel.
Meng die jellie met die kookwater en laat ook effens afkoel, maar moenie toelaat dat dit stol nie.
Gooi die koejawels in ‘n bak en maak dit fyn met 'n vurk.
Roer die fyngemaakte koejawels in die vla.
Voeg die jellie by en meng goed.
Gooi die eierwitte in ‘n skoon mengbak en klits totdat dit styf is.
Vou die eierwitte in die vlamengsel en gooi in ‘n nageregbak of glase om te bedien.
Verkoel tot gestol.