Tuesday 24 February 2015

SPUR UIE RINGE




SPUR UIE RINGE

Ek het so 'n ruk gelede hier gevra na 'n spuruie resep, waarna baie van julle vir my metodes gestuur het. Maar nou wil ek ...vir jul die regte egte spur uie metode gee. Ek het dit by 'n man gekry wat jare 'n bestuurder daar was. Ek het dit gisteraand gemaak en dis die ware jakob. Nes die Spur sin.

Sny uie in ringe en gooi in yswater vir so 'n uur en 'n half. Gooi in broodmeel en meng met hande totdat die meel sulke frimmel aan ringe maak. Gooi dit in diep olie. Maar dis uiters belangrik dat die olie baie warm is. Hou dit net mooi dop, want dit kan baie vinnig brand. En onthou om bietjie sout by die meel te gooi. Het my vingers afgeeet. En dit het die soeterige smaak ook nes die Spur sin*
Christelle Jacobs*