Tuesday 24 February 2015

Gebakte aartappelrolle




Gebakte aartappelrolle
GENOEG VIR 6 MENSE
 Bereiding: 10 min.
 Gaarmaaktyd: 40-60 min.
AARTAPPELS
 6 groot aartappels, skoongeskrop
 sout
WORS
 6 varkworsies
VIR VOORSIT
 125 ml (½ k) suurroom
 45 ml (3 e) gekapte grasuie of stingeluie
Voorverhit die oond tot 190 °C.
1.Aartappels Prik die aartappels met ’n vurk en sprinkel sout oor. Pak op ’n bakplaat en bak 40-60 minute of tot die aartappels sag en gaar is. Halveer, maar moenie deursny nie.
2.Wors Braai die worsies in ’n pan tot gaar.
3.Vir voorsit Plaas ’n worsie in elke aartappel. Meng die suurroom en gekapte uie en skep bo-op.