Tuesday 24 February 2015

30 dae-veselryke muffins




30 dae-veselryke muffins Lewer 24

375 ml (1½ k) koekmeelblom
250 ml (1 k) volkoringmeel
10 ml (2 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) spysverteringsemels
375 ml (1½ k) sagte bruinsuiker
250 ml (1 k) droëvrugtekoekmengsel
125 g ontpitte dadels, fyngekap
2 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) kookolie
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

1. Sif die koekmeel, volkoringmeel, koeksoda en sout saam. Voeg die semels wat oorbly in die sif by.
2. Voeg die spysverteringsemels, suiker, droë vrugte en dadels by.
3. Klits die eiers, melk, olie en geursel saam. Voeg by die droë bestanddele en meng liggies totdat dit gekombineer is. Moenie te veel meng nie, want die mengsel moet nog klonterig bly.
4. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpanne; vul elk omtrent twee derdes vol. Bak vir 20 tot 25 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot gaar en goudbruin. Keer uit op ’n draadrakkie om af te koel. Sit warm voor met botter, indien verkies.

Variasies
Voeg 100 g pekanneute, gekap, by.
Vervang die spysverteringsemels deur 250 ml (1 k) volkoringmeel.
Vervang die droëvrugtekoekmengsel en dadels deur 500 ml (300 g) sultanas of pitlose rosyne.
Voeg 15 ml (1 e) gerasperde suurlemoen- of lemoenskil by.


Dié mengsel is so gesond as wat jy kan kry met al die veselryke bestanddele! En hy bly ’n staatmaker. Die muffins is soet vanweë die kombinasie van vrugte en dadels. Maak die mengsel aan en hou dit vir tot 30 dae in ’n lugdigte houer in die yskas. Gebruik dan van die mengsel om te bak soos benodig.