Wednesday 28 January 2015

vrugteslaai of vrugte-pie





vrugteslaai of vrugte-pie

AARBEI, BLOUBESSIE EN BASIELKRUIDPASTEI
Deeg:
1k (225g) yskoue ongesoute botter in klein blokkies gesny
½ k (125 ml) volroommelk, gemeng met 1 E appelasyn (koud) + ekstra 15 -20 ml indien nodig
3 k (340g) meel (koud)
1 E mielieblom
2 E (30 ml) suiker
1 ½ t sout
Sif die meel, mielieblom, suiker en sout saam in ‘n koue bak, voeg die koue blokkies botter by en sny dit by die meel in tot dit soos klein ertjies lyk. Ek gebruik eerder ‘n deegsnyer as my vingerpunte want dit laat smelt die botter.  Sprinkel net genoeg water oor die meel om dit aan te klam. Druk dit met ‘n vurk aanmekaar en moenie dit knie nie. Vou in kleefplastiek toe en laat rus in die yskas (minstens 1 uur).
Voorverhit die oond tot 220C en rol die een helfte van die deeg in ‘n sirkel uit sowat 28 cm deursnit, plaas in die tertpan en plaas in die yskas.
Nou maak jy die ‘slaai’ vir die vulsel:
In ‘n mengbak meng 7 koppies vrugte aarbeie, bloubessies, vye, nektariens of pruime, opgesny, en gooi 2 E balsemiekasyn, 10 opgekapte basielkruidblare, 3 E balsemiekasyn en skil van 1 suurlemoen.
In ‘n aparte bak meng ¾ k suiker, ¼ k mielieblom, 1 t varsgemaalde swartpeper en ‘n ¼ t sout.  Net voor jy die vulsel oor die deeg skep, meng jy die droe bestanddele deur die vars vrugte – dit sal die souse geur en laat verdik soos die tert bak.
Smeer die rand van die kors met ‘n eierwas (1 eier, ¼ k water) of met melk.  Skep die vulsel in.
Rol nou die ander helfte van die deeg uit en sny in 6 breë stroke, plaas dit in ‘n weefpatroon (of hoe jy verkies) oor die vrugtevulsel. Vou die oorhang deegstukke om, en crimp ‘n mooi sierrand. Bestryk nou die deeg met eierwas, strooi bruinsuiker oor.  Sit die tertbak in ‘n oondpan (die souse kook uit). Bak die eerste 30 minute by 220C, verminder die hitte na 175C en bak ‘n verdere 30 tot 40 minute tot die kors goudbruin is en deurgebak wees; en die sous verdik het.
Laat afkoel vir minstens ‘n uur. Dit kan teen kamertemperatuur of effe louwarm geniet word. Dit hou ‘n week in die yskas of tot 2 maande in die vrieskas.

(Huiskok)