Wednesday 28 January 2015

Kitta se kammakreef (stokvis)





Kitta se kammakreef (stokvis)

 

 
Bestanddele
1 kg stokvis
1 ui, gerasper
sout en peper
½ koppie tamatiesous
1 koppie mayonnaise
2 teelepels Worcestersous
15 ml sjerrie
slaaiblare, of avokado

Metode
Stoom vis tot gaar in bietjie water met sout.
Vlok die vis.
Meng die res van die bestanddele saam.
Voeg dit by die vis.
Plaas in yskas vir 'n uur.
Bedien op slaaiblare of in 'n halwe avocado.