Monday 12 January 2015

SAADBROOD




SAADBROOD
Die saadbroodjie uit die 1970’s word wêreldwyd as eg-Suid-Afrikaans beskou. Dit word met ‘n baie slap deeg gemaak en nie geknie word.  Dis die lekkerste varsgebak, maar hou ‘n paar dae as dit in bruinpapier gesit word of met ‘n skoon teedoek toegedra word. Dit rooster baie lekker.
Bestanddele:
500 ml+ warm water (kan sowat 100 ml ekstra bysit as beslag te droog is)
15 ml bruinsuiker of heuning
15 ml molasse (jy kan meer molasses bysit vir ‘n dieper kleur)
15 ml olie
4 x 250 ml (4 k) volkoring meel (Nutty Wheat)
1 k (250 ml) witbroodmeel
10 ml kitsgis
7 ml sout
100 ml sonneblomsade
Ekstra sade vir oorsprinkel: sonneblomsade, sesamsade, pampoenpitte, lynsaad
Metode:
◦Meng die meel, sout, kitsgis en sonneblomsaad saam in ‘n ruim mengbak.
◦In ‘n groot maatbeker roer die olie, bruinsuiker en molasses by die louwater in. Roer die watermengsel by die meel in om ‘n slaap deeg te vorm.
◦ Smeer ‘n groot broodpan met olie of kleefvrye sprei en skep die mengsel in die pan. Strooi die sade in rytjies bo-oor of sprinkle sommet net so. Laat rys in ‘n warm plek met ‘n doek oor vir sowat 45 minute tot ‘n uur.
◦ Terwyl die brood rys, voorverhit die oond tot 190°C.
◦Bak vir 50 minute.  Keer uit en laat afkoel. As die brood nie maklik uit die pannetjie kom nie, laat dit ‘n paar  minute in die pan staan om los te stoom.
(Huiskok)