Friday 12 December 2014

Skuimpie Kersbome




Skuimpie Kersbome
SKUIMPIES / MERINGUES
1 eier wit
250ml strooisuiker
30ml . warm water
15ml asyn
1 gelyk teel. Bakpoeier
1 teel. Vanilla
Koekkleursel
Klits die eierwit, voeg die strooisuiker bietjie-bietjies by en klits tot styf. Voeg warm water by, meng goed, voeg dan asyn by en meng weer goed. Voeg dan bakpoeier en vanilla by en klits tot styf.
Skep teelepels vol op ‘n bakplaat wat met met botterpapier uitgevoer is. Bak in oond teen 100°C vir 2 ure. Skakel die oond af en los die skuimpies oornag daarin om heeltemal uittedroog.