Tuesday 27 January 2015

PIESANG MUFFINS:




PIESANG MUFFINS:
4 baie ryp piesangs...
200 ml suiker
1 eier (geklits)
80 ml gesmelte botter
375 ml meel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
knippie sout

1.5 ml caramel essence (opsioneel)
Druk die piesangs baie fyn; en meng met die suiker, geklitste eier, gesmelte botter, en caramel essence. Sif al die droë bestanddele in en meng goed. Skep twee-derdes vol in gespuite gewone grootte muffinpanne en bak vir 20 minute by 180 grade.
Wenke:
Hierdie resep lewer ± 16 gewone grootte muffins; of 12 gewone grootte muffins én 12 mini muffintjies daarby; of ± 42 mini muffintjies.
Indien jy gewone grootte muffins én mini muffintjies se panne tegelyk in oond wil bak, haal die mini muffintjie pan na 14 minute al uit die oond, en dan haal jy die gewone grootte muffin pan eers na 20 minute uit die oond, die gewone grootte muffins sal nie platval nie.
As jy slegs mini muffintjies bak, haal hulle pannetjies almal na 14 minute al uit.
Hierdie is 'n baie lekker klam piesang muffin resep, vinnig om te maak, en glad nie duur nie.