Wednesday, 14 January 2015
Pastaslaai met varkworsies
Pastaslaai met varkworsies
375 g pasta van jou keuse
30 ml olyfolie
500 g varkworsies
4 groot murgpampoentjies, dun gesny
250 g kersietamaties
300 g mozzarella of Edamkaas, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, gerooster en in repies gesny
60 ml klaargekoopte Italiaanse slaaisous
125 g roket
Kook die pasta in ‘n groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer, bedruip met olyfolie en laat afkoel tot kamertemperatuur. Meng nou en dan liggies om te verhoed dat die pasta vassit. Rooster intussen die varkworsies in die oond (of oor die kole) of panbraai tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sny in hapgrootte stukkies. Voeg die worsie-stukkies saam met die res van die bestanddele, behalwe die roket, by die pasta en meng liggies deur. Verkoel tot benodig. Net voor opdiening, skeur die roketblare grof en meng deur die pastaslaai. Genoeg vir vier mense.
Sit dit voor as bygereg: Laat eenvoudig die varkworsies uit en vermeerder die murgpampoentjies na 6 en die soetrissies na 2.