Wednesday, 14 January 2015
Mielieslaai
Mielieslaai
3 vet groenmielies
3 ferm rooi tamaties, in klein blokkies gesny
1 rooi ui, in dun wiggies gesny
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
60 ml parmesaanskaafsels
Slaaisous:
Sap van 1 suurlemoen
45 ml olyfolie
60 ml gekapte vars pietersielie
1 rooi brandrissie, baie fyn gekap met pitte en al
3 ml strooisuiker
3 ml mosterdpoeier
Kook die groenmielies gaar (of braai oor die kole tot gaar) en laat afkoel. Meng intussen die tamaties, uie, feta en parmesaan in ‘n slaaibak. Sodra die mielies afgekoel is, sny die pitte (so diep soos jy kan) van die stronke af en voeg dit by die slaaibestanddele. Klits alles vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Meng deur en verkoel tot benodig. Sit verkieslik teen kamertemperatuur voor.
Maak ‘n maaltyd daarvan: Geroosterde of gerookte hoenderstukkies verander dié bykos-slaai vinnig in ‘n volledige ete. Sit dan net ‘n lekker brood hierby voor, en siedaar!