Friday, 16 January 2015

Ongebakte Kaaskoek




Ongebakte Kaaskoek
Genoeg vir 4
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 2 uur
200 g vars aarbeie
 250 g roomkaas
 125 g mascarponekaas
 125 ml (½ k) vars room
 skil van 1 suurlemoen
 30 ml (2 e) strooisuiker
 200 g koekies, gekrummel
 ekstra aarbeie, vir voorsit
1.Puree die aarbeie in ’n verwerker. Plaas die aarbeipuree, roomkaas, mascarpone, vars room, suurlemoenskil en strooisuiker in ’n groot bak en meng goed.
2.Vir aanmekaarsit: Plaas ’n laag koekiekrummels onder in 4 koppies of opdienglase. Volg met ’n laag van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae twee of drie keer, afhangende van die grootte van jou koppie of opdienglas en eindig met ’n roomkaaslaag.
3.Garneer elke kaaskoek met vars aarbeie en verkoel minstens 2 uur.