Monday, 19 January 2015

Heleen se maklike hawermoutkoekies




Heleen se maklike hawermoutkoekies (of stafies)
Meng 500 ml volgraanmeel (Nutty Wheat), 500 ml hawermout, 500 ml klapper en 350 ml bruinsuiker. Smelt 250 g botter, 30 ml gouestroop, 60 ml kookwater en 15 ml asyn saam. Roer 5 ml koeksoda by en voeg by die droë bestanddele.
Maak aan tot ’n deeg (voeg ’n bietjie water by indien te droog). Rol in bolletjies en druk plat (of druk die mengsel met jou hande egalig plat in ’n uitgevoerde, vlak oondpan) en bak vir 15-20 minute by 170°C tot liggoudbruin.
Laat effens in die pan afkoel en haal dan die koekies af om op ’n draadrak verder af te koel. (As jy dit in ’n oondpan bak, soos op die foto, sny in stafies nadat dit ’n paar minute afgekoel het en lig versigtig op ’n draadrak uit. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.) Lewer 50 stafies.