Wednesday, 14 January 2015

Gebakte vis met spekbolaag





Gebakte vis met spekbolaag
Huisgenoot Wenresepte
Genoeg vir 4 mense
...
125 g spek, in stukkies gesny
sap en skil van een suurlemoen
100 ml droë broodkrummels (vra by bakkery of maak jou eie: sien wenk)
50 ml pietersielie, fyn gekap
100 g fetakaas, gekrummel
4 groot witvisfilette (sowat 150 g elk en vis van jou keuse)
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 200 °C en rangskik die spek op ’n gesmeerde bakplaat.
Bak in die oond tot gaar en bros.
Plaas die spek op ’n kapplank en sny in klein stukkies.
Meng die spek met die suurlemoensap en -skil, sagte broodkrummels, pietersielie en fetakaas.
Geur die vis met sout en vars gemaalde swartpeper en rangskik op ’n bakplaat.
Skep die spekmengsel op die visfilette en bak sowat 10-15 minute of tot gaar.
Sit voor saam met rys, aartappels of koeskoes.
Wenk: Gebruik ’n dag oue brood en sny die korsies af, plaas die snye in ’n voedselverwerker en pols tot sagte broodkrummels vorm.
Gooi dit uit op ’n bakplaat en droog uit in ’n voorverhitte oond van 120 °C.
Bak sowat 15 minute tot liggies verbruin.
Plaas die gedroogde broodkrummels weer in die voedselververker en pols tot fyn.
Vries dit wat jy nie gebruik nie.