Friday, 12 December 2014
Deeg wiele met vulsel
Mens kan enige iets in blaardeeg TOEROL IN WIELE en bak:
Tuna, uie, mayo, blatjang, gherkins en gerasperde kaas
Fyn hoender, mayo, sampioene, feta en gerasperde kaas
Gevlokte Hake, suurroom, gerasperde kaas en mixed herbs
Maaskaas, sweet chilli sous, biltong en gherkins
Maalvleis, tamatie, uie en blatjang met bruinuie sop
Mossels, roomkaas, gerasperde kaas en swartpeper
Ham, uie, gerasperde kaas en swartpeper
Salami en feta en mixed herbs en gerasperde kaas en swartpeper
Spinasie, uie, witsous, sampioene en spek met gerasperde kaas
SPINASIE-EN-FETA-WIELE
Sif 500 ml koekmeel, 2 ml sout en 5ml suiker.
Vryf 30 g botter daarby in, en voeg dan 125ml gerasperde cheddar by.
Klop een eier en 125ml melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot ’n sagte deeg.
Rol die deeg uit in ’n 20 x 30 cm-reghoek. Sprinkel twee gekrummelde feta-skywe, ’n bos spinasie – skoongemaak, geblansjeer en geskeur – en 125ml gerasperde cheddar oor. Geur na smaak en rol op. Sny in wiele en sit op ’n gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 tot 15 minute by 180 °C tot deurgaar en goudkleurig.